Die regstreekse uitsending kan hier gevolg word
SKRIFLESING: Deuteronómium 29:1-29 TEKSVERSE: Deuteronómium 29:10-13 SING: Ps. 68:2,5; Ps. 89:6,11; Ps. 128:1,2,3
God gee vaders om voor te gaan in verbondverhouding
- Aktualiteit van “Vadersdag”:-
- Ontstaan van “Vadersdag”.
- Slag van Donkerhoek; Konsentrasiekampe; Ukraïne-Rusland Oorlog; 1976-Opstand – alles het te doen met vaderafwesigheid.
- Huisgesin is ‘n vuurhoutjiedosie.
- Deuteronómium 29:-
- In die Here se genade het Hy die volk na 40 jaar van rondswerwe tot by die Jordaan aan die Oostekant gebring.
- Hulle klere het aan hulle nie verslyt nie, ewemin hulle skoene.
- Die Here het hulle met buitengewone middele Sy volk in die lewe gehou.
- Nou, voordat hulle die Beloofde Land binnegaan, hernu en bevestig God die verbond wat by Horeb gesluit is.
- In die sluiting van hierdie verbond word die mans, die vaders, eerste gestel –
- Netsoos met Adam (die eerste vader),
- Netsoos met Abraham (die vader van die gelowiges),
- Netsoos met Isak en Jakob (die aartsvaders).
- Netsoos met die mans ná die versoening in die tyd van die Goue Kalf.
- Is dit onregverdig teenoor die vroue?
- In vandag se geslagtelike gelykheid, kan dit onregverdig beskou word.
- Maar, dis hoe God dit beskik het! Aanvaar dit só!
- 29:4 en 29.
- Maar ook:- Deut, 29:18-20.
- Die vaders van vandag moet die gesin voorgaan…
- In die geloof, die bekering, die gehoorsaamheid.
- In die kerkbesoek en aanbidding van die Here.
- In die belydenis van “Hy is jou God; en jy is Sy kind om Christus wil!
- In die dankbaarheidslewe – omdat God al die gelowiges uit genade in Christus volkome gered het.
- Moeders en kinders – ondersteun julle mans en pa’s!
- Maak die omstandighede só dat die vader van die huis nie ‘n afwesige vader wil wees nie!
- Tong-in-die-kies:- Laat hom besluit hoe lang hy onder die bed wil wegkruip wanneeer jy met hom wil raas!
- Staan hom by wanneer hy wil voorloop in die onderhouding van die Verbond wat God in genade met Sy volk gesluit het!