Skip to content
Menu

Dominee: Ds. Lourens du Plessis  |  Kerk: GK Waterkloofrand  |  Datum: 14 Junie 2026 om 09:00  |  ▶ Kyk op YouTube


In die aangesig van die doo den volksuitwissing, roep Israel angsbevange tot die Here. (Eks. 14: 10)

Die Here hoor hulle noodkrete! Nehemia 9: 9)

En die Engel van die Here (Eks. 14: 19) tree in as Verlosser. ‘n Absoluut ingrypende verlossingsdaad, wat geboorte gee aan die lied van Moses, en deur die Bybel heen weerklink, en ook eenmaal, wanneer ons verlossing in en deur ons Here, Jesus Christus vanuit die doodsverskrikking van die finale oordeel ‘n finale werklikheid word, in lofverheffing oorgaan in die lied van die Lam. (Op. 15: 3 en 4)

Hierdie grootse en lewensveranderende verlossingsdaad raak elkeeen wat in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees gedoop is…

Breek ek en jy ook in verwondering en vreugde, saam met gelowiges oor alle tye en plekke heen, uit in hierdie loflied?

Sing ons van harte elke dag saam?