In Lukas 12 vs 54 tot 13 9 leer die mense van daardie tyd hoe hulle rampe moet beoordeel. Dit gee vir ons ook leiding hoe om situasies wat ons in ons persoonlike lewe beleef of wat daagliks in Suid-Afrika en die wereld plaasvind te hanteer.
Die volledige preekskets van vanoggend se erediens vind u deur op “Sketse” op die voorblad te klik.
Aansluitend tot die Woordverkondiging sing ons vanoggend Ps.111 : 1,3 en 4; Ps.31 : 15 en 17; Ps.25 : 7 en 8 en Ps.1 : 1,2 en 4.
Vanaand gaan ons uit Johannes 15 vs. 1-17 leer dat ons ons nie moet laat verlei deur aardse denke oor God nie. Ons sing tydens die erediens Ps 23 : 1,2 en 3 (omd); Ps 124 : 1 en 4 en Ps. 81 : 1 en 12.
U is welkom om die videoweergawe van die eredienste te volg deur op Youtube onder aan die voorblad te klik.