Die Sinode het na ‘n lang bespreking die moontlikheid van ‘n spesiale sinode goedgekeur.Hierdie sinode sal net sake wat die eenheid van die kerk raak ondersoek en uit die Skrif aan die Kerke leiding oor die saak gee.
Die kwessie oor die vrou in die amp(VIDA) het volgens die Sinode die potensiaal om die Kerke te verdeel en daarom is besluit om dié saak na ‘n spesiale sinode te verwys. Dié sinode moet ‘n eenstemmige besluit neem.Die spesiale sinode sal bestaan uit 4 predikante en 4 ouderlinge uit elk van die sewe streeksinodes, dus 56 afgevaardigdes.Oor hierdie saak kan meer gelees en gekyk word by die volgende skakel :
http://www.netwerk24.com/nuus/2015-01-10-56-moet-oor-vrou-in-amp-besluit