Ds Nico Ligthelm, emerituspredikant van Alkantrant, lei vanoggend se erediens. Die tema van die diens is: “Die grootste Godswonder” en ds Nico hanteer dit aan die hand van Matteus 2: 1-12 waar vers 9b die teksvers is.
In die preek gaan u aandag gevestig word op die grootste Godswonder, Jesus Christus. God roep die sterrekykers van die Ooste met ‘n ster om die Christus te ontmoet.
Hoe roep God ons?
Ons sing vanoggend Ps.75:1,3 en 5; Ps.33 : 6 en 11; Ps. 38:1 en 15; Ps.46 ; 1 en 3 en Skrifberyming 4-4 : 4, 5 en 7.
Die erediens kan gevolg word deur op oudio of op video hieronder of op die voorblad te klik