Die Skriflesing vir vanoggend 3 April se erediens is Genesis 15: 13 tot 16 en Josua 2 en Josua 6 : 20 tot 24. Josua 2 ; 11b is die teksvers.
Die tema vir vanoggend se erediens is : ” God se oordeel oor die heidene beoordeel”. Sommige mense het : –
- ‘n arrogante of ontwykende beoordeling oor die lewe,
- ander het ‘n beoordeling met begrip,
- en nog ander het ‘n selfondersoekende beoordeling.
Lees die volledige preekskets deur te klik op “Sketse” op die voorblad.
Ons sing vanoggend Lied 203 : 1, 2 en 3 (vooraf); Psalm 100 : 1, 3 en 4; Psalm 16 : 1 en 2 en Skrifberyming 1-6 : 1,2 en 3.
U kan die erediens saam met ons gemeente belewe as u oor die nodige internetfasiliteite beskik deur hieronder op die pyl te klik of deur ‘n skakel by YouTube te gebruik.
[youtube id=”jZADErX4FNo”]