Die erediens vanoggend 4 Junie word gelei deur ds Gerrit Kruger van die Gk Centurion.
Die tema is :”Bid dat jy elke dag met die Gees vervul sal word en dat die Heilige Gees jou elke dag sal lei !”
Die Skriflesing is Eksodus 32: 19 tot 20 en 25 tot 30; Levitikus 23:15 tot 17; Handelinge 1:1 tot 8; Handelinge 2:1 tot 13 en Handelinge 4:23 tot 31. Die teksverse is Handelinge 1:5 en 8, Handelinge 2:4a en Handelinge 4:29 tot 31.
Die preekskets vind u onder Sketse op die voorblad.
Ons sing vanoggend Lied 169:1,2 en 3; Psalm 97:7; Skrifberyming 8-1:2; Skrifberyming 8-2:3,4 en 5; Psalm 27:1 en sluit af met Skrifberyming 13-2.
U kan die erediens op YouTube volg of deur hieronder op die pyltjie te klik.