Aangesien dr Douw hierdie naweek saam met die Belydenisklas uitstedig is, preek ds Paul van den Berg van die GK Centurion hier.
Die Skriflesing vanoggend is Numeri 12 met verse 2 en 9 as teksverse. Die tema is “Respekteer Godgewilde gesag.”
Die liturgie vir die erediens en ‘n preekskets kan u lees deur op “Sketse” op ons voorblad te klik.
U kan die erediens in videoformaat volg deur hieronder op die pyltjie of op YouTube te klik. Die oudioweergawe kry u deur op “Oudio” op ons voorblad te klik.