Die Skriflesing vir vanaand 7 Januarie is Psalm 72 met vers 1 as teksvers en met artikel 36 van die Nederlandse Geloofsbelydenis as verdere riglyn.
Die tema vir vanaand se erediens is : ” Sonder dat jy “konings” se rol oorskat of onderskat, kom jou verantwoordelikheid na”. Lees ook gerus die preekskets van dr Douw op ons webwerf se voorblad onder die skakel Sketse. Ons gebede vir die “koning” staan voorop maar ons moet die “koning tot verantwoording roep en begryp wie ons as gelowiges is oor wie die “koning” regeer.
Ons sing vanaand Skrifberyming 1-2 verse 1,2 en 3; Psalm 47 verse 1,2 en 4 en Psalm 72 vers 1 se omdigting en verse 6, 10 en 11 van Totius se beryming.
U word hartlik uitgenooi om deel te hê aan hierdie erediens hetsy deur die oudioweergawe of deur die videoweergawe (klik hieronder op die driehoekie of op YouTube)
Ons vertrou dat ons dwarsdeur die jaar 2018 deur ons driemaal heilige God en Vader, die seun Jesus Christus en die Heilige Gees instaat gestel sal word om die Woord nie net in ons kerkgebou nie maar ook deur die internet aan u te bedien. Aan Hom alleen kom toe die eer en verheerliking !