Skip to content
Menu

Die Skriflesing tydens vanoggend 21 Januarie is Filippense 1 vers 1 tot 26 met vers 13a as teksvers. Die tema van die erediens wat deur dr Douw gelei word, is :“Die negatiewe dinge wat oor my kom, móét vir my sin maak”.

  • Die negatiewe dinge wat oor my kom, is in ‘n sekere sin altyd sinvol.
  • “Terme en voorwaardes geld” “in Christus”.
  • Deur lyding “in Christus” te dra, dring die evangelie voort.

U kan die volledige preekskets lees deur op “Sketse” op die voorblad van ons webwerf te klik.

Ons sing vanoggend Lied 163 (vooraf), Skrifberyming 12-2 verse 1,2 en 5; Psalm 119:2,6 en 10 en Psalm 149:1, 3 en 4.

Ons nooi u graag uit om deel te hê aan ons erediens deur hieronder op die driehoekie of op YouTube te klik vir die videouitsending of op “Oudio” op ons voorblad vir die oudiouitsending.