Die Vader se besondere wyse van soek, word in ons omgee gesien.
Die lewe by die Vader is vir ware kinders die hoogste skat.
Die oudste seun in die gelykenis openbaar in sy woorde aan sy pa hoe hy die verhouding met sy pa sien. Vir hom staan sy werk soos ʼn slaaf, sy (slaafse) getrouheid en die beloning wat hy dink hy moes kry, op die voorgrond (vgl. v. 20). Sy pa herinner hom aan dit wat eintlik die belangrike is, naamlik dat hy by sy pa is en dat hy in alles deel wat aan sy pa behoort (vgl. v. 31). Die oudste seun dink en redeneer soos ʼn slaaf en ken nie die vreugde van ʼn lewe by sy pa nie. Is my lewe saam met my Vader in die hemel my hoogste skat?
Wie self ʼn ring van die Vader in die vinger het, verheug hul as familie tuiskom.
Die oudste seun se woorde verraai sy denke oor sy broer. Hy praat van “pa se seun” (vgl. v. 30). Die pa verwys egter na “hierdie broer van jou” (v. 32). As die oudste seun besef het dat hy ring van sy pa aan sy vinger het, as hy besef het dat hy ʼn kind (nie ʼn slaaf nie) van sy pa is, sou hy om verheug oor die ring wat nou weer aan sy jongste broer se vinger is – Hy sou hom verheug het dat nie net die pa iemand terug ontvang het nie, maar dat hy ʼn broer terug ontvang het. Begryp ek regtig my band met ander gelowiges en begryp ek wat gebeur wanneer my Vader se uitverkorenes tot geloof kom?
Bekering volg wanneer ware kinders se aandag afgetrek was van hul skat.
Jesus vertel nie wat die oudste seun se reaksie was nadat die pa buite toe gegaan het en hom gevra het om in te kom en bly te wees nie. Die skerp punt van die vertelling van die oudste seun lê dus glad nie in die reaksie van die oudste seun nie. Dit gaan oor die reaksie van die hoorder/leser – dit gaan oor my reaksie. Die vraag is nie: “Het die oudste Seun buite bly staan” nie. die vraag is: “Staan ek dalk dikmond buite die huis?”