Skip to content
Menu

Groot opgewondenheid heers by ons almal oor die 50-jaar fees komende Sondag waartydens ons die stigting van die Gemeente op 16 Junie 1963 gaan herdenk.

Die redaksie verneem dat ‘n vol program Sondag op almal wag. Die hoogtepunt die oggend is die erediens waartydens die Heilige Nagmaal gevier gaan word,

Daarna verskuif almal vir die res van die fees na ‘n saal van die Pretoria Country Klub. Na ‘n kort program bestaande uit klank en woord en ‘n paar boodskappe gaan ons almal aansit vir ‘n heerlike ete en ‘n heerlike saamgesels.

Die feesbundel met wetenswaardighede van die afgelope 50 jaar word ook Sondag beskikbaar gestel.