Vier predikante van dié Kerk was tot gister (22 Mei) op besoek in Suid Afrika om onder andere die bande tussen hulle en die GKSA te versterk. Hulle het die afgelope Sondagoggnd die erediens in ons kerkgebou bygewoon (dit is vir hulle in Engels getolk)
Na Sondag se erediens het hulle aan ‘n groot groep van ons lidmate ‘n een en ander van hul kerk in Mexico meegedeel. Drie van hulle kon dit wel vloeiend in Engels doen maar die vierde moes dit maar in Spaans doen, getolk deur en van sy kollegas.
Dit was vir almal van ons ‘n besondere en aangrypende ervaring om mede-Christene en medegereformeerdes van ‘n ander wêreldtaal dieselfde geloofstaal te hoor gebruik!