Ons maak met leedwese die afsterwe van sr Gerrie Venter bekend. Sy en haar dogter is Vrydagmiddag (24 Mei) in Pretoria noodlottig beseer in ‘n botsing tussen hulle motor en ‘n vragmotor. Die begrafnisdiens vind op Vrydag 31 Mei om 11.00 in ons kerkgebou plaas.
Ons harte gaan ook uit na Emil Kushke wie se broer Saterdagnag oor lede is, ook na Tertia Pelser wie se moeder Vrydag oorlede is en Wihan Oosthuizen wie ook sy moeder laasweek aan die dood afgestaan het.
Mag julle almal die Here se vertroosting in hierdie moeilike tyd ervaar.