Evangelisasie-aksie
Groep 7: Sosiale Hulpverlening Tshwane.
Soos u weet is een van ons projekte om hulp te verleen aan armes in die Wolmer gebied. Ons doen dit deur middel van ondersteuning aan die Wolmer Gemeenskapsprojek, `n goedgeorganiseerde projek wat uitstekende werk doen.
|
Ons vra asb. dat gemeentelede ons behulpsaam sal wees met die insameling van die volgende items:
4. Plastiekwinkelsakkies ( Pick&Pay/Checkers tipe sakkies) wat gebruik word om kos in te pak wanneer dit onder arm gesinne versprei word 5. Plastiekbakkies (margarine/roomys/jogurt) waarin sop en ander kos gevries kan word voordat dit uitgedeel word. |
U kan die goedere kerk toe bring asb. Daar is twee blou houers waarin die plastieksakkies en plastiekhouers geplaas kan word in die saal. Klerasie en ander goedere kan ook in die saal afgegee word.
U hulp in die verband word opreg waardeer.
|
|