Die tema vir vanoggend se erediens is : Bewapen jou met ‘n besondere soort sukses wat tot ware voorspoed in 2014 sal lei.Die skriflesing kom uit 2 Petrus 1 : 1 – 11 en die teksvers is vers 8.
Die Here wil dat jy ryk word in die nuwe jaar.Dit is die rykdom wat die Here gee waarvoor ons moet beplan.
Moenie vergeet van die verlede nie sodat jy groei in die toekoms kan verwag.
Rig jou met mening op wins terwyl jy gestruktureerd te werk gaan.
Verwag van die Here groot wins as jy onthou en as jy metodies te werk gaan.
Bewapen jou vir die nuwe jaar teen enige teëspoed met sukses.
Die volledige preekskets vind u deur op “Sketse” hierbo te klik. Die oudio-weergawe van die diens sal u om 9.00 na kan luister deur op “Oudio” hierbo te klik
Vanaand se erediens is ‘n ruildiens en word gelei deur Ds Gerhard Niemann. Die Skriflesing sal uit Markus 4: 35 – 41 wees en die teksverse is verse 39 tot 40.
Die tema vir die diens is : “God se nie-angstige teenwoordigheid“