Vanoggend se skriflesing is Jeremia 32 : 1 – 25, en die teksvers is vers 2b. Die tema is :
“As ‘n gevangene wat vry is, moet my dade van hoop my getuienis bevestig”
Ware gelowiges is wel “opgesluit” maar julle is nie die ware gevangenes nie.
Die vry gevangenes word aan drie uitstaande kenmerke herken:
– Hulle leef bewustelik binne God se magtige, maar persoonlike regering
– Hulle bly verkondig en bevestig hulle verkondiging met dade van hoop
– Selfs in hulle twyfel is hulle vryheid steeds sigbaar,
Die volledige preekskets kan u vind deur op “Sketse” hierbo te klik.
Die volgende psalms en skrifberymings word vanoggend gesing : Ps31 :3,7 (omdigting); Ps 72 : 10,11; Ps 2 : 1,6; Sb 11-1 : 2,10,11 en Sb 13-3
Vanaand se Skriflesing is Johannes 1: 35-51 met as teksvers vers 45. Die tema is “Ek het sekerheid oor die weg van verlossing want ek het ‘n goddelike openbaring ontvang.
Die sang sal wees Ps 150 : 1,2 (omd); Ps 47 : 1,2 en Ps 118 : 11,13