Vanoggend se Skriflesing is Openbaring 3 : 14-22 en die teksvers is vers 14b
Die tema vir die preek is : “Wie Christus se evaluering aanvaar, kom by die Een uit wat aan hulle lewe gegee het.”
* My eie evaluering en Christus se evaluering sal drasties verskil.
* Dit is krities belangrik dat ek die Amen, dié Getuie se evaluering aanvaar.
* As ek sy evaluering aanvaar, kom ek by Hom, die Skeppingsmiddelaar uit.
Ons sing vanoggend Lied 190 : 1,2,3 (Liedboek van die Kerk); Psalm 121 : 1,2,4; Psalm 32 : 1,3 en Psalm 51 : 2,4,6.