Skip to content
Menu

Vanoggend se Skriflesing is Lukas 24 : 1 – 12 en die teksvers is vers 7

Die tema vir die erediens is : “Geen mens het die opstanding waargeneem nie. Tog is soveel aangaande die opstanding sigbaar.”

– die geloofsoog sien die herskeppingswerk van drie persone.

– die geloofsoog sien die gehoorsaamheid en oorwinning van Jesus Christus

– die geloofsoog sien ‘n radikale statusverandering, lewensverandering en verandering in toekomsverwagting.

Die sang is Lied 151 : 1 en 2; Psalm 81 : 1,11 en 12; Psalm 19 : 4 en 5 asook Skrifberyming 12-4 : 1,2 en 3.

U kan die volledige preekskets lees deur op “Sketse” hierbo te kliek.

Vanaand lê die klem op “Die kruisiging en opstanding van ons Here dui duidelik aan hoe ons God moet verheerlik” . Johannes 21 : 15 – 25 en teksvers 21 : 19 gee ons leiding in hierdie verband.

Vanaand se sang sal Psalm 90 : 1, 2 en 6 (Omdigting); Psalm 49 : 1,5 en 6 (Omdigting) en Psalm 147 : 4 en 5 wees.

Ons vertrou dat Opstandingsdag vir u geseënde dag sal wees. Aan God die eer.