Skip to content
Menu

Met die Skriflesing uit Jesaja 49 : 1 tot 7 (teksvers 3) word die klem gedurende vanoggend se erediens gelê op : ” Intense aandag is nodig om insig te hê in die Here se vertroosting via sy Kneg ”

– Hoor ek dat dit die Here is, die Verbondsgod, wat sy Kneg gestuur het?

– Hoor ek wat die Kneg gedoen het?

– Hoor ek wat die Kneg bereik het?

Die volledige preekskets kan gelees word deur op “Sketse” hierbo te klik.

Die sang ter ondersteuning van die Skriflesing en preek is Psalm 42 : 1 en 5 en Psalm 43 : 2 (omdigting) ; Psalm 27 : 1 en 2; Skrifberyming 17 – 1 : 1 en 6 en Psalm 45 : 3,4 en 5.

Vanaand se erediens word gelei deur Ds Christo Swanepoel van die GK Lyttelton . Die Skriflesing sal wees Handelinge 25 met as teks die gelese gedeelte. Ds Swanepoel se tema is : “God vra toewyding van sy kind in ‘n wêreld van mag en vertoon” .

Die sang vanaand, is Psalm 36 : 2 en 3; Psalm 99 : 1,2 en 3; Skrifberyming 10-2 as gebed en Psalm : 138 : 1 en 4