Die Skriflesing vir vanoggend 29 Junie uit 2 Kronieke 21,met die klem op vers 7, bring ons by die volgende punte :
* Let op dat jy nie bedrieglike welvaart in jou visier het nie.
* Aan jou, gelowige, is reuse welvaart geskenk.
* Verheug jou, gelowige, in die reuse welvaart wat aan jou geskenk is.
Die volledige preekskets kan gevind word deur op “Sketse” hierbo te klik.
Die sang vanoggend is Lied 163 (vooraf); Psalm 148: 1 en 5; Psalm 19: 4 en 6 en Skrifberyming 17-1: 4 en 6
Die Skriflesing vir vanaand se erediens is Filippense 2 : 12 – 30 met vers 13 as teksvers. Vanaand se sang is Psalm 107: 1 en 11 (omdigting); Psalm 136 : 1, 7 en 8 (omd)en Psalm 25 : 2,6 en 7.
LET WEL : u kan om 9.30 en 18.30 luister, of kyk en luister, na die direkte uitsending van die eredienste.