Skip to content
Menu

Vanoggend (3 Augustus) se erediens handel oor die tema : “Die sterre voorspel nie, maar swyg ook nie” Die Skriflesing uit Job 38 : 1-33 is die basis vir hierdie erediens en waar verse 31 en 32 die teksverse is.
Die sterre wys op die fyn besonderhede waarmee die Here werk.
Die sterre roep my op om twee baie groot geloofstreë te loop :
– gelowige aanvaarding van God se soewereiniteit en
– gelowige verandering van my gerigtheid.
Dr Douw se volledige preekskets kan gelees word deur op “Sketse” hierbo te klik.
Ons sang vanoggend is Lied 190 : 1,2 en 3 vooraf; Skrifberyming 2-4 : 1 en 3; Psalm 27 : 1 en 2 en Psalm 8 : 3,4 en 7
Vanaand se erediens (‘n ruildiens) word gelei deur ds Christo Swanepoel.
Die tema van die erediens “In beproewing vind die gemeente hulle vreugde en bemoediging in die bron van hulle geloof” word behandel aan die hand van Handelinge 4 : 23 – 27.
Ons sing vanaand Psalm 18 : 1 en 13: Psalm 2 : 1 en 2; Skrifberyming 10-2 as gebed en Psalm 2 : 6

Die videouitsending van beide eredienste kan gevolg word deur op Youtube op die voorblad te klik.