God se strome van lewende water
Op ‘n konferensie wat deur die Streeksinode Pretoria gereël is en vandag (2 Augustus) by GK Andeon plaasgevind het, het Dr Flip Buys hierdie uiters belangrike saak aan die orde gestel. Hy het dit gedoen aan die hand van Esegiël 47 : 1-12 en Johannes 7 : 37-39.
Op dieselfde konferensie het drs Wim Vergeer en Douw Breed, lede van die Deputate Eenheid en Verskeidenheid, ‘n aanbieding gemaak aan die hand van Romeine 14 en 15. Die begrip “middelmatige sake” wat gereeld op kerklikevergaderings ter sprake is, is hanteer maar met ‘n nuwe uitgangspunt van “wesenlike sake” en “nie-wesenlike sake”.
Ds Chris de Beer het, as lid van die Deputate Omkeerstrategie, perspektiewe op die saak van die bewaring en vermeerdering van die kerk gegee aan die hand van die Heidelbergse Kategismus.
Die Redaksie verneem dat die aanbiedings via e-pos aan die gemeentes binne die Streeksinode Pretoria beskikbaar gestel gaan word.