Skip to content
Menu

Vir vanoggend 10 Augustus se erediens is die Skriflesing Job 42 met die klem op vers 5 :”Verdiep in jou insig aangaande God vanaf hoorsê na “sien”.
Hoorsê is eenvoudig nie “sien” nie.
Om te sien, vereis dat ek sal leer.
Om in geloof te verdiep na “sien” vereis :
1) dat ek ag sal slaan
2) ware ootmoed.
Wie sien sal erken.
Die volledige preekskets kan gelees word deur op “Sketse” hierbo te klik en die video-weergawe word verkry deur op Youtube onderaan die voorblad te klik.
Vanoggend se sang is Skrifberyming 10-1 (vooraf); Psalm 103 : 11 en 12; Psalm 86 : 6 en 7 en Skrifberyming 14-2.

Vanaand se erediens se tema is “Ware berou vereis skerp oë”. Daarvoor is die Skriflesing 2 Samuel 21 : 1- 14 met vers 1 as teksvers.
Ons sing vanaand Psalm 147 : 1 en 2; Psalm 66 : 6 en 7 en Psalm 32 : 1, 2 en 4 (omdigting)