Skip to content
Menu

Ongelowiges en selfs gelowiges het baie te sê oor die kerk. Maar ‘n mens moet versigtig wees want Goddelike heerlikheid is ter sprake.
Vanoggend se erediens gaan handel oor dié belangrike saak en dr Douw gaan daarvoor vers 7 van Psalm 87 as teksvers gebruik. Die Skriflesing is dus Psalm 87 en Goddelike heerlikheid in die
– oorsprong van die kerk,
– in die roeping van die kerk en
– in die vreugdevolle belydenis van die kerk moet vanoggend ons aandag geniet.
Die volledige preekskets kan gevolg word deur op Sketse” hierbo te klik en die erediens in woord en beeld kan gevolg word deur op Youtube onderaan die voorblad te klik.
Die sang vanoggend is Psalm 134 : 1 en 2 (omdigting, vooraf); Psalm 122 : 1 en 2; Skrifberyming 15-1 : 1, 2 en 4 en Psalm 48 : 1 en 5.

Vanaand se erediens het as tema ” ‘n Koning met net “een” onderdaan rig ‘n ryk met ontelbare volkome gehoorsame onderdane op” en die Skriflesing hiervoor is Markus 15 : 16 – 32.
Ons sing Skrifberyming 12-2 : 1 en 2 en 4 en 5; Psalm 46 : 4 en 5 en Psalm 84 : 4 en 5 (omdigting)