Skip to content
Menu

‘n Hele aantal van ons susters het vanoggend (Saterdag 23 Augustus) die verrykende ervaring gehad om die jaarlikse Damestee, wat gereël word deur die susters van die Gereformeerde Gemeente Kameeldrift, by te woon. Die groepie, “Con Grazia”, het lieflike stemming geskep met hulle musiek. Daarna het Martelize Brink van RSG ons almal geïnspireer met haar praatjie “Sê ja vir die lewe”. Zanne Stapelberg het die oggend toe verder opgeluister met haar pragtige stem. Tussendeur is daar gesmul aan heerlike eet- en drinkgoed. Daar was ongeveer 652 susters teenwoordig en daar sal hierdie jaar weer ‘n reuse bedrag na afloop van die funksie aan die President Kruger kinderhuise oorhandig word.