Vanoggend (19 Oktober) se Skriflesing uit Matteus 10 (teksvers vs.40) sê :” Assosieer jou openlik met die Gestuurde se gestuurdes en ontvang so die Gestuurde en sy Sender”.
* Die Gestuurde laat sy verskillende gestuurdes ons paaie kruis.
* Om die Gestuurde se gestuurdes te ontvang, behels meer as gasvryheid.
* Wie die Gestuurdes se gestuurdes ontvang, word uitsondelik beloon.
U kan die volledige preekskets lees deur op “Sketse” op die voorblad te klik
Ons sing vandag Lied 163 (vooraf); Psalm 98 : 1,2 en 3; Psalm 17 : 3 en 4; en Psalm 16 : 1 en 2.
Die hoofgedagte in vanaand se erediens is ” Laat U koninkryk kom in ‘n tyd waar konings doen net wat hulle wil” met as Skriflesing Daniël 6.
Ons sing vanaand Psalm 102 : 11 en 12; Psalm 74 : 5,6 en 7 (omd.) en Skrifberyming 2-3 : 1 en 2
U kan die video-uitsendings van beide eredienste volg deur op Youtube onderaan die voorblad te klik