Is jou saak met die Here in orde?
Vra eerstens of jy God op sy word neem.
Die mense wie se saak met die Here reg is :
– ken die besondere staat van vrede.
– vind onwankelbare standvastigheid in die genade om geregverdig te wees.
– jubel triomfantelik oor die hoop om in God se heerlikheid te deel.
Die Skriflesing vanoggend is Romeine 5 : 1 – 11 met as teksverse 1 en 2.
Ons sang vanoggend is Lied 184 : 1,3 en 4 (vooraf); Psalm 45: 1,3 en 4; Skrifberyming 2-4 :1 en 2 en Skrifberyming 7-1 : 1 en 2.
Die volledige preekskets vind u deur te klik op ‘Sketse” op die voorblad.
U kan die videouitsending volg deur op YouTube te klik op die voorblad.