Beide eredienste vandag word gelei deur dr Paul Kruger, emerituspredikant van Meyerspark.
Vanoggend se Skriflesing kom uit verskillende gedeeltes van die Bybel : Lukas 2:8 – 14; 2 Korintiërs 4: 1 – 9 en Openbaring 1: 12 – 16 met as teksverse : 2 Korintiërs 4: 6 en 7 en Openbaring 1 : 16b.
“‘n Kersverrassing van Onuitputlike Sonkrag”. Daar is :
– die verrassingsgekenk en
– die verrassingsverpakking.
Ons sing vanoggend Skrifberyming 1-2: 1 – 3; Skrifberyming 1-3: 1, en na die wet verse 2 en 3: Skrifberyming 4-8: 1 en 2 en Skrifberyming 4-6.
Vanaand se tema is “Drumpel-mense se Kersfees” en word behandel aan die hand van Psalm 84 en die teksvers is vers 11.
Ons sing vanaand Psalm 84 : 1 en 5; Psalm 43 : 3 en 4 en Skrifberyming 4-7: 1 en 2.
U kan “inkyk” na die eredienste deur te klik op YouTube op die voorblad.