Skip to content
Menu

Jou gebede van 2014 sal openbaar of jy werklik gereed is vir 2015.
Wat openbaar jou gebede aangaande :
-jou aanvaarding en gelowige verwerking van God se vrymag?
– jou insig in God se regering?
– jou wag op verhoring?
– jou perspektief op die mense in die “slawehuis”?
Die Skriflesing vanoggend is Handelinge 12 en die teksvers is vers 5.
Lees gerus die volledige preekskets vir vanoggend deur op “Sketse” op die voorblad te klik.
U kan ook die eredienste van vandag volg met ‘n “inkyk” deur middel van YouTube : klik op die skakel onderaan die voorblad.
Ons sing vanoggend Ps.92 : 1 en 2 (omd); Ps.147 : 4 en 7; Skrifberyming 12-5 en Ps. 4 : 2 en 4.

Die tema vir vanaand se erediens is :”Baie dinge in my lewe is totaal onseker. Een ding staan egter vas : ek is met my lewe in diens van God. Vir hierdie tema lees ons Handelinge 20 : 17-38 en met as teksvers vers 19.
Ons sang vanaand is Ps.68 : 13 en 15; Ps.73 : 11 en 12 en Ps.119 : 10 en 14 (omd).