Skip to content
Menu

Uit Psalm 20 kry ons vanoggend 4 Januarie 2015 die hoofgedagte van die erediens : “Die rykste maar ook kragtigste seëninge vir 2015 aan mekaar toegesê”
Kom ons sê mekaar seëninge toe ….:
– wat met die konkrete werklikheid te doen het;
– wat daarop gerig is dat ons ons roeping kan nakom;
– maar dan binne God se wil;
– wat spreek van vertroue in God.
Die volledige preekskets vind u deur op “Sketse” op die voorblad te klik.
Ons sing vanoggend Ps. 19:1 en 2;Ps.93 : 1,2 en 4; Skrifberyming 2-4 : 1 en 3 en Ps. 20 : 1,2,7 en 8.

Vanaand se erediens word gelei deur ds John Rogers van Nieu Zeeland en sal in Engels gehou word. Ds Rogers de Skriflesing sal Johannes 13 wees met vers 7 as teksvers. Sy tema gaan wees : “Ons weet nie wat in 2015 gaan gebeur nie maar vir Jesus Christus is daar geen verrassings nie.
Ons sing vanaand Ps. 145 ; 1,8 en 12; Ps. 111 : 1, 3 en 4 (omd) en Ps.71 : 1,4 en 12.
Ds Rogers is in Suid-Afrika om die GKSA Sinode namens sy Kerk by te woon.

Beide eredienste kan gevolg (ingekyk) word deur op YouTube op ons webwerf se voorblad te klik.