Skip to content
Menu

Die tema van vanaand se erediens is :”Wie staan pa vir wat Judas Iskariot gedoen het?”.
Ds Fanus Heystek hanteer dié tema aan die hand van Johannes 13 : 18-30 en 17:12.
* Het God Judas gekies om Jesus te verraai?
* Wat beteken die Skrifwoord wat oor hom vervul is?
* Was hy dus ‘n instrument van magte veel groter as hyself – of moet Judas pa staan vir die verraad?
* Het Judas enigsins ‘n keuse gehad?
* Sal daar vir hom enige genade wees op die oordeelsdag ?
* Wat van myself : is ek dan nie dan ook maar net ‘n pion op God en die Satan se skaakbord nie?

Ons sing vanaand Ps. 33 ; 6,7 en 11; Skrifberyming 15-4 : 2,5 en 6 en Skrifberyming 4-6.

U kan inluister na die erediens deur te klik op oudio op die voorblad en u kan inkyk deur op video op die voorblad te klik. YouTube gee ook ‘n skakel op die voorblad vir die video-uitsending.