Die tema vir vanaand se erediens is :“God se bevryding van Sy kinders hou duidelike opdragte vir hulle in.”
Vanaand se erediens is ‘n ruildiens met Lyttelton en hulle predikant, ds Christos Swanepoel, tree dus by ons op.
Die Skriflesing is Rigters 6 : 1-24 en die teksvers is Rigters 6 : 12.
Ons sing vanaand Ps.46 : 1 en 3; Skrifberyming 10-2 as die gebed en Ps.20 :1,4 en 5.
U kan die erediens op oudio of video volg.