Vanoggend neem ons deel aan die Nagmaal en die erediens se tema is :”Wie opreg glo, se trou aan die Evangelie sal nie verdwyn nie, want God …………”
Die Skriflesing is 1 Timoteus 1:1 tot 10 en die teksvers is vers 9.
* Al gee God die krag, sal ek nie tog maar in ontrouheid sneuwel nie?
* Die rede dat ek verander is, is total verwyder van my werke.
* die gevolge daarvan dat ek verander is, het alles te doen met my werke.
Die volledige preekskets kan gelees word deur op “Sketse” op die voorblad te klik.
Ons sing vanoggend Skrifberyming 12-2 : 1 tot 5 (die liturg lees verse 3 en 4); Ps.42 :1 en 43:2 (omdigting); Ps.23 : 1 en 3; Ps.116; Ps.118: 7 en 14 en Ps. 40 : 4 en 5.
U kan die erediens volg deur in te luister (oudio) of in te kyk (video). Klik op die item op die voorblad.
Aangesien die nabetragting deel vorm van die oggenddiens, sal daar nie vanaand ‘n erediens wees nie.