Skip to content
Menu

Die tema vir vanoggend 14 Februarie se erediens is : “My blydskap verraai my diepste innerlike” en word hanteer aan die hand van Lukas 10 : 1 tot 24. Vers 21 is die teksvers.

Daar is blydskap in die hemel want blydskap oor die koninkryk openbaar :

  • die ontvanklikheid van ‘n kind – nie van selfgenoegsaamheid nie.
  • dat die grootste oorgang wat ‘n mens kan maak, gemaak is.
  • die liefdevolle en kragtige werk van God die Vader.

U kan die volledige preekskets van dr Douw volg deur op “Sketse” op die voorblad te klik.

Ons sing vanoggend Ps. 66 : 1 en 2; Ps.117:1 en direk daarna Ps. 127 :1; Skrifberyming 8-3 : 1 en ook Skrifberyming 17-2 : 1,2,3 en 4.

U kan die erediens volg deur hieronder op die driehoekie te klik. ‘n Oudio-weergawe is ook beskikbaar.

Die tema vir vanaand se erediens is :”Nie moedeloosheid uit die wet nie, maar toewyding en sekerheid!”

[youtube id=”WrsHhlXvGvM”]