Ds Nico Ligthelm, emerituspredikant van Alkantrant, lei vanoggend die erediens en die tema is “Agter geslote deure”. Die graf van ons Here Jesus is leeg. Daarmee is die hel en die dood oorwin en het Jesus die hemelpoorte wyd oopgemaak vir sy kinders. Maar intussen sit die dissipels in Jerusalem agter geslote deure.
Die Skriflesing is Johannes 20 : 19 tot 25 en die teksvers is vers 19b.
Ons sing vanoggend Ps.147 : 1 en 4 (Cloete); Ps. 68:2; Ps.116 : 2 en 3 en Skrifberyming 15-8 : 4 en 5.
U kan die erediens volg deur hieronder op die pyltjie te klik.
[youtube id=”bYo7q8e6h3k”]