Die tema van vanoggend se erediens is : “Anders as die ander offeraars het hierdie Offeraar gaan ‘sit’ en Hy ‘wag’ “
Ons lewens behoort drie duidelike tekens te dra dat ons Here met sy hemelvaart gaan “sit” het en dat Hy tans “wag” :
- ‘n skoon gewete
- geborgenheid
- verwagting.
Die Skriflesing wat dr Douw gaan gebruik, is Hebreërs 10 : 1 tot 18 en die teksverse is verse 12 tot 13.
U kan die volledige preekskets te lese kry deur te klik op “Sketse” op ons voorblad.
Ons sing vanoggend Psalm 111 : 1, 2 en 4 (omdigting); die beryming van Romeine 14 (op die melodie van Ps.42, die teks deur Prof Fanie Jooste), Psalm 66 : 2 en 6 en Psalm 2 : 4 en 5.
U kan die oudioweergawe van die erediens volg deur te klik op “Oudio” op die voorblad en die videoweergawe deur te klik op die pyltjie hieronder.
[youtube id=”4AAdBsjkQvU”]