‘n Projek is reeds aan die gang om (sover moontlik) foto’s van al die lidmate in die gemeente in te samel. Die foto’s gaan opgesit word op die kennisgewingbord op die stoep van die kerkgebou (reg voor die kantoor). ‘n Mooi klompie foto’s is reeds ontvang en pryk reeds op die kennisgewingbord.
Die doel van die projek is duidelik : om die lidmate instaat te stel om mekaar te leer ken.