Lidmate wat Sondagoggend 24 Julie se erediens bygewoon het, is voor die aanvang van die diens deur die Kerkraad by monde van ouderling Rudi Delport ingelig oor die aksie wat beplan word om persoonlike geloofsgroei by ons lidmate te bevorder. Dit spruit voort uit die omkeerstrategie wat die lig gesien het tydens ‘n vorige sinode van die GKSA.
Die Kerkraad beplan om die aksie onder die naam “Verdiep in die Woord” in die volgende aantal weke uit te voer. Drie fases word beplan beginnende met die bekendstellingsfase vanaf 24 Julie, dan ‘n fokustyd vanaf 29 Augustus tot 25 September en wat dan opgevolg word deur ‘n fase van evaluering en opvolgbeplanning.
Die ouderlinge gaan tydens die komende huisbesoekrondte ons lidmate toerus met ‘n bekendstellingsbrief, handboek met dagstukkies, ens. Tydens die fokustyd gaan ons lidmate betrek word met daaglikse individuele oordenkings, groepbesprekings en Woordverkondiging.
Die Redaksie verneem dat verdere inligting beskikbaar gaan kom vir plasing op ons webwerf, waarskynlik onder die hoof “Aksies” op die voorblad.
Nota – verdere inligting het op 29 Julie beskikbaar gekom : kyk onder “Aksies” op die voorblad.