Skip to content
Menu

KERKGROEI

Bekendstelling van 2016 Fokustydperk

Die Kerkraad het goedkeuring verleen dat die Kerkgroei-kommissie die Fokustyd wat in ons gemeente beplan word aan u bekend stel.

Dit ìs ons Bybelse opdrag om siele vir die Here te wen en om Sy kerk hier op aarde te laat groei. Kerkgroei gaan egter nie net oor groei in getalle nie maar ook oor Groei in Geloof by lidmate. Dalk meer oor Geloofsgroei want as ons lidmate ons meer en meer verdiep in die Geloof en Geloofsgroei ervaar dan gaan daar outomaties ook Groei in getalle wees.

Wat is `n FOKUSTYD?

`n FOKUSTYD in `n Gemeente is wanneer die hele gemeente vir `n bepaalde tyd hulle verbind om skerp te fokus op `n sekere tema.

 Die Kerkraad het goedgekeur dat ons gemeente vir `n 4 weke tydperk gaan fokus op die tema “ VERDIEP in die WOORD”. En ons gaan dit op so `n wyse aanpak dat ons as `n Gemeente en elke individuele lidmaat geleentheid gebied word om “MET WOORD en DAAD in GOD se DIENS” te kan groei  en sodoende Sy Kerk hier op aarde te help uitbou.

Hoe gaan ons dit doen?

Die aktiwiteite word in 3 fases aangepak nl.

1.   Bekendstelling-fase

2.   Die Fokustyd

3.   Evaluering en opvolgbeplanning.

 

 Watter aktiwiteite gaan ons aanpak?

Ons Fokustyd gaan wentel rondom 3 hoofaktiwiteite waarby ons soveel as moontlik lidmate wil betrek.

 1.   Daaglikse oordenkings

 2.   Groepbesprekings

 3.   Prediking

 

BEKENDSTELLING: Gedurende die bekendstellinsgfase sal die Ouderlinge tydens die Nagmaalshuisbesoeke by elke besoekpunt `n pakket afgee waarin daar `n boekie met dagstukkies is sowel as ‘n bekendstellingsbrief en `n yskas-magneet.

Handboekie met dagstukkies:

Ons sal ook die handboekie met die dagstukkies op die gemeente se webbladsy plaas sodat diegene wat inskakel op die internet vir ons ere-dienste ook aan die Fokustyd kan deelneem.

Ouderlinge se huisbesoek:

Die Ouderlinge se huisbesoektema sal ook aansluit by die Fokustema.

Doel van die yskasmagneet:

Die yskas magneet is `n gerieflike manier om met `n oogopslag die hele program te sien.

FOKUSTYD:

4 weke vanaf 29 Augustus tot 25 September

Weeklikse temas: Ons gaan weekliks fokus op

Week 1: Bekering

Week 2: Gebed

Week 3: Groei

Week 4; Roeping en Inrig

 Opsomming:

Die FOKUSTYD aksie kan slegs dien as fasilitering vir lidmate om in te skerp op Geloofsaksies en sodoende persoonlike Geloofsgroei te ervaar. Dan sal ons gesamentlik as `n gemeente KERKGROEI kan bewerkstellig.

Ons kan leiding verwag van ons leraar en ook ons ouderlinge maar aan die einde van die dag gaan dit oor elkeen se eie verhouding met die Here en elkeen se verbintenis om Geloofsgroei en Geloofsverdieping te ervaar,

Ons bid die Here se seën af op hierdie aksie en dat Hy ons deur die Heilige Gees sal lei tot ware Geloofsgroei.