Skip to content
Menu

OPROEP TOT ‘N DAG VAN VEROOTMOEDIGING OP SONDAG 13 NOVEMBER 2016

Hiermee roep Klassis Potchefstroom kragtens Artikel 66 Kerkorde die Kerke wat in die Algemene Sinode Potchefstroom vergader op tot ‘n dag van verootmoediging en gebed in die lig van die voortgaande dade van opstand, moord, aanranding, korrupsie, bedrog en diefstal wat die openbare orde in gevaar stel. Dat elkeen hom of haar in berou oor sonde en ongeregtigheid verneder (verootmoedig) voor die HERE en smeek om uitkoms van die knellende droogte in soveel gebiede in ons land.

  • Hiermee word elke lidmaat opgeroep om hom of haarself voor God te verootmoedig en om vas te stel of daar nie in die eie lewe ongehoorsaamheid is waardeur wandade verswyg, aangemoedig of gepleeg word nie en indien wel om deur die Gees van God te smeek om ‘n lewensommekeer.
  • Dat die Owerheid verseker word van elke gelowige se voorbidding om deur die mag aan hulle verleen met krag op te tree teen enige wandaad wat mag verhoed dat die inwoners van ons Vaderland ‘n rustige en ‘n stil lewe mag lei.
  • Dat elke lidmaat versoek word om in alle aspekte van die lewe hulle te beywer vir die voortgang en uitbreiding van God se Koninkryk deur voorbeeld, woord en daad volgens die Woord van God .
  • Dat elke lidmaat hom of haarself sal verdiep in persoonlike gemeenskap met God deur Skrifstudie en gebed.
  • Dat as dit die HERE behaag om aan ons uitkoms vanweё die droogte en ons landsomstandighede te verleen, ons lewens van dankbaarheid en lof aan Hom mag getuig vir sy sorg en vertroue vir die toekoms.