Die tema van vanoggend 7 Mei se erediens is :“Verwagting, nie selfbejammering nie” en daarvoor lees ons Numeri 11:1 tot 35.
- Moses se gebed :”Genoeg is genoeg” is vol selfbejammering.
- Gebedsverhoring vir Moses sonder “Ag siestog”
- Ons verantwoordelikheid ná gebed .
U kan die volledige preekskets lees deur op “Sketse” op ons voorblad te klik.
Ons sing vanoggend Skrifberyming 18-6:1,2,4 en 5; Psalm 65:2 en 3; Psalm 146:4 en 8 (na die doop) en Psalm 73:9 en 10.
U kan saam met ons deelneem aan die erediens deur hieronder op die pyltjie te klik of op YouTube onder aan hierdie bladsy te klik.
Die doop is dié van die kleinkind van Wykie en Marie van Wyk.