Vanoggend 28 Mei se erediens is ‘n nagmaaldiens met die tema :“Nie deur Hom wat regeer, in watte toegedraai nie maar wel ondeurdringbaar beskerm”. Die Skriflesing is Openbaring 20:1 tot 15 met verse 5a,9a en 12b as teksverse.
Die liturgie is soos volg :
- Votum en groetseën
- Sing Skrifberyming 10-2
- Belydenis
- Nagmaalformulier
- Skriflesing en Woordverkondiging
- Psalm 23:3
- Nagmaalviering en Psalm 116
- Nabetragting
- Woordverkondiging
- Gebed
- Skrifberyming 12-3:1 en 2
- Kollekte vir barmhartigheidsdiens
- Slotseën