Dr Douw is slegs Donderdagaand 1 Junie vir Bybelstudie beskikbaar. Die 18,30-groep sal dus wel vergader in die Pastorie. Met die oog op Pinkstersondag 4 Junie word Romeine 8:14 tot 17 behandel.
Vrae wat met die oog op die studie behandel kan word, is :
- Wat kan ek doen ek doen om die Gees in my te laat woon? (vgl. v. 15)
- Wat kan jy aflei wanneer iemand deur die Gees gelei word ? (vgl.v. 14)
- Hoe weet ek of ek deur die Gees gelei word / (vgl. v. 1 – 13 en veral v. 15)
- Wat doen die Gees volgens v. 15 beslis nie in ons nie en wat doen Hy wel ?
- Beskryf die “samewerking” wat in v.16 ter sprake is
- Watter onbeskryflike en vertroostende afleidings word in v. 17 gemaak ?