Vanoggend, 11 Junie, se Skriflesing is Romeine 8:1 tot 17 en die tema van die erediens is :“Na Pinkster : sekerheid”. Dr Douw gebruik Romeine 8 vers 16 as teksvers.
- Werklike sekerheid is nie wensdenkery nie !
- Ek begrond my sekerheid op realiteite.
- Die Gees se getuienis bring volkome sekerheid.
U kan insae in die volledige preekskets kry deur te klik op “Sketse” op ons webwerf se voorblad.
Ons sing vanoggend Psalm 80:1 en 6 (omdigting); Psalm 74:2, 12 en 16; Psalm 103:2 en 3 en Skrifberyming 8-3:1.
U kan saam met ons deel hê aan die erediens deur op die pyltjie hieronder (of op YouTube) te klik vir die videoweergawe van die erediens of op “Oudio” op ons webwerf se voorblad vir die klankweergawe.