Die tema vir vanoggend 18 Junie se erediens is : “Ná Pinkster : verandering.” en die Skriflesing is Romeine 8:1 – 17 met vers 14 as teksvers.
- Alle kinders van God se lewe sal verander.
- ‘n Verandering wat ‘n feit én ‘n verpligting is.
U kan die volledige preekskets lees deur op “Sketse” op ons voorblad te klik.
Ons sing vanoggend Lied 525:1 en 2 (vooraf); Psalm 31:15 en 17; Psalm 97:4 en 7 en Skrifberyming 8-1:1 en 2.
U kan saam met ons deelneem aan die erediens deur op die pyltjie hieronder te klik vir die videoweergawe van die diens. YouTube onderaan hierdie bladsy is ook ‘n skakel.