Skip to content
Menu

SAALAANBOUINGS FEESTELIK INGEWY!!

 Op Sondag 27 Augustus gaan ons na die nagmaaldiens ons saalaanbouings op ‘n gesellige, feestelike wyse inwy met ‘n heerlike ete en ‘n lekker saamkuier. Daar gaan ‘n verskeidenheid brode wees met allerlei interessante smullekker smere te kies en te keur. Vir diegene wat glutenvry eet, sal voorsiening gemaak word.

Die ete sal plaasvind om ongeveer 12:00. Vir diegene wat eers meer informeel wil gaan aantrek sal daar dus tyd wees. Maar indien u sommer daar wil bly en solank kuier  sal daar iets te drinke beskikbaar wees.

Bring asseblief u eie  eetgerei en drinkgoed

Vul asseblief die onderstaande skeurstrokie in en plaas dit VANDAG NOG in die kollektesakkie of skakel Nienke by die Kerkkantoor voor Donderdag 012 460 6925

Ons ……………………………………………………. wil graag die ete bywoon.

Volwassenes en hoërskoolkinders ……..……… laerskoolkinders en kleuters…………….