Vanoggend vier ons die Heilige Nagmaal. Die tema van die erediens, nl. “Met reg, maar onder begeleiding vrymoedig in God se teenwoordigheid “ word behandel aan die hand van Hebreërs 10:19 tot 25. Die teksvers is verse 19 en 22 (laasgenoemde vir die nabetragting na die nagmaalbediening).
U vind die preekskets onder “Sketse” op die voorblad.
Ons sing vanoggend Psalm 48:4 en 5; Psalm 79:7 en 9; Psalm 23:1; Psalm 116 (‘n vers na elke tafel) en sluit af met die Onse Vader (Skrifberyming 10-2) en met die Amen (Skrifberyming 13-3 ) nadat die seën uitgespreek is.
U word hartlik uitgenooi om saam met ons via video of oudio deel te neem aan die erediens.