Groep 1 en 18.30-groep behandel Hebreërs 10:19 tot 23 met die klem op vers 23.
Vergelyk die 3 Afrikaanse vertalings van vers 23 (1933, 1983 en Nuwe Direkte Vertaling) met mekaar.
- Hoe hou die opdrag in vers 23 met die versekering in verse 19-21 verband ?
- Watter lig werp Hebreërs 3:14; 6:11; 6:18 en 11:1 op die verstaan van vers 23 ?
- Ons moet vashou aan ‘n “belydenis van hoop”. Watter “hoop” is hier ter sprake ?
- Ons moet “styf” vashou. Wat is die rede waarom ons styf moet vashou / (vgl. vers 19-21 en ook Hebreërs 3:6) ?
- Watter waarborg het ons volgens vers 23 dat ons nie vashou aan iets wat op die ou einde soos mis voor die son verdwyn nie ?