Vanoggend, 29 Oktober, se erediens word gelei deur ds Johannes Bingle, emerituspredikant van Windhoek.
Die Skriflesing is Josua 4:1 tot 14 met verse 6 en 7 as teksverse en die tema is : “Lewende tekentaal van dooie klippe : God, nie ons nie !”
Ons sing vanoggend tydens die diens Psalm 92:1 en 2; Psalm 27:6; Psalm 79:5d,6 en 9; Psalm 115:1 en Skrifberyming 6-1:1,2 en 3.
U vind die volledige liturgie deur te klik op Sketse op ons voorblad.
U is hartlik welkom om in te kyk op ons erediens en u doen dit deur hieronder op die driehoekie of op YouTube te klik.